OUDTSHOORN NUUS - Die Huisrivier, wat die hoof bron van water vir De Rust en Blomnek is, loop sterk, en die water is tans efffens troebel.
De Rust het geen suiweringsaanleg nie, en water word alleenlik ontsmet deur chlorinering.
Die toename in troebelheid hou geen direkte gevaar in nie, maar kan wel die effektiwiteit van die chlorinering beïnvloed.
Die Oudtshoorn-munisipaliteit versoek inwoners van De Rust en Blomnek om drinkwater te kook tot tyd en wyl die water kwaliteit na normaal terugkeer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’