OUDTSHOORN NUUS - Cansa Oudtshoorn bied eerskomende Woensdag, 13 Junie, ‘n manne ontbyt by Buffelsdrift Wildsplaas, Oudtshoorn, aan.
Die welbekende ekonoom, Dawie Roodt, sal die gasspreker tydens die ontbyt wees.
Kaartjies is R150 per persoon en die geld wat ingesamel word gaan ten gunste van Cansa Oudtshoorn.
Vir meer inligting kan Amanda Koen by 071 635 4196 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'