OUDTSHOORN NUUS - Twee danspaartjies, verbonde aan Shaun's Dance Studio, het die afgelope naweek hul eerste baldanskompetisie in Kaapstad gehad.
Carson Solomons, 'n leerder van Langenhoven Gimnasium, en Amber Saaiman, 'n leerder van Laerskool Wesbank, het 'n eerste plek in baldans behaal en 'n tweede plek vir vlak vier in Latynse dans.
Druwon Lashawa en Courtney Wicomb, beide leerders van Hoërskool Oudtshoorn, het 'n eerste plek in baldans en 'n tweede plek in Latynse dans, vlak drie, behaal.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'