OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisiplaiteit doen ‘n dringende beroep op inwoners om streng by die waterbeprkings te bly.
Die vlak van die Raubenheimerdam staan tans op ‘n kommerwekkende 44,43% en Vlak 1 droogtetariewe van ‘n 10% heffing op verbruik is ingestel.
Volgens Ntobeko Mangwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit is die 10% tariefverhoging ingestel toe die damvlak onder 50% gedaal het.
Die volgende tariefverhogings sal ingestel word sou die damvlak steeds verder daal:
- Vlak 2 met die damvlak onder 40% sal watertariewe met 30% verhoog word.
- Vlak 3 met die damvlak onder 35% sal watertariewe met 50% verhoog word
- Vlak 4 met die damvlak onder 30% sal watertariewe met 75% verhoog word.
Inwoners wat die waterberkings oortree sal ‘n boete van R1 000 opgelê word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'