OUDTSHOORN NUUS - Twee persone van Tanzanië is Dinsdag om ongeveer 15:45 in Van Wyksdorp in hegtenis geneem vir handeldryf in dagga.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van Ladismith-polisie, het hulle inligting opgevolg en 'n informele nedersetting in Van Wyksdorp deursoek.
"Een sak dagga is op die dak van die opslaanhut gevind. Nog 'n sak met dagga is naby die hok van twee Amerikaanse veghonde, waar dit weggesteek was, gevind.
"Daar is op 23 pakkies dagga, wat in tydskrifpapier toegedraai was, beslag gelê. Die totale gewig is 2,440 kg dagga."
Die mans is onderskeidelik 31 en 36 jaar oud en sal binnekort in die Ladismith-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'