LADISMITH NUUS - Die Ladismith-polisie het Dinsdag 'n 34-jarige man van Phillipi-Oos vir die besit van dagga in hegtenis geneem.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die polisie inligting ontvang en 'n perseel in Januariestraat deursoek.
"Die polisiebeamptes het 31 Ziploc-sakkies vol dagga in 'n gat in die vloer van die opslaanhut gevind. Dit is 4,386kg se dagga. Met verdere ondersoek is daar nog 'n sak dagga in die bagasieruim van 'n rooi Ford, wat ook op die perseel was, gevind," het hy gesê.
Volgens hom het die verdagte het hy week in die Ladismith-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'