DE RUST NUUS - Lede van die Attaqua-honde-eenheid, De Rust-polisie en die Wes-Kaapse verkeersdepartement het Dinsdag dagga ter waarde van R480 000 op 'n bus in De Rust gekry.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is dit deel van die polisie se voortgesette pogings om dwelmhandel in die Wes-Kaap uit te roei.
"Die lede het 'n passasiersbus op die N12, wat na Kaapstad onderweg was, afgetrek en deursoek. Tydens die deursoeking het hulle drie groot reistasse in die bagasieruim van die bus gevind. Die dagga was in sakkies binne die tasse verpak," het hy gesê.
Volgens Spies kon die tasse en die dagga nie aan enige persoon verbind word nie en 'n ondersoekdossier is geopen. Niemand is in hegtenis geneem nie.
Die dagga wat in die bus gevind is. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'