OUDTSHOORN NUUS - Pastoor Gillian Carolus nooi inwoners om ‘n dag van gebed op 15 Oktober by die Oudtshoorn Congregation Church in Bridgton by te woon.
“Met al die misdaad in ons dorp en met die klem veral op die moorde, het die Here dit op my hart gelê dat ons as inwoners van hierdie pragtige dorp regtig sal moet bid. Ek glo met my hele hart dat as ons verenig in gebed God ons gebede sal verhoor en ons dorp genees.”
Die biddag sal om 15:00 begin. Daar sal geen sprekers wees nie.
Vir verdere inligting kon Carolus by 073 452 3653.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’