OUDTSHOORN NUUS - Die veteraanatleet, Johann Coetzer (64), was verlede Saterdag die vinnigste van die 56 deelnemers aan die 333ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed met 'n tyd van 25 minute 20 sekondes. Abraham Hendricks was tweede en David Brand in die derde plek.
Dit was ook Coetzer se 270 steBparkrun en sy 232ste in Oudtshoorn.
Melanie Fourie (30:43) was die vrouewenner en Nina Cloete (38:32) die eerste junior.
Belinda Muller het Saterdag die mylpaal van 100 parkruns bereik.
Twee nie-geregistreerde deelnemers was onderskeidelik vierde en vyfde, gevolg deur Albertus Kennedy (29:15), Theo Kruger (29:22), Melanie Fourie (30:43), Charlene Joubert (32:38), Anita Roux (34:10) en Sylvia le Roux (37:01).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’