KAROO NUUS - Die pragtuin van Hendrik en Susan Schoeman op hul plaas, Nooitgedacht, in die Volmoed-omgewing is weer in blom en die publiek word uitgenooi om dit te besigtig.
Hendrik en Susan kweek hulle eie Clivia-kleurvariante wat sorg vir besondere en unieke blomkleure.
Nooitgedacht is op die Volmoedpad geleë. Volgens Hendrik is die eerste afdraai 10 km vanuit Oudtshoorn op die Calitzdorp-pad. Draai dan links op die Volmoedpad. 'n Verdere 7 km sal 'n bordjie die Clivia-tuin aandui.
Die tuin kan vanaf 14 tot 28 September op Dinsdae, Donderdae, Saterdae en Sondae van 09:00 tot 16:00 besigtig word. Daar sal ook plante te koop wees.
Besoekers word gevra om vooraf met Hendrik en Susan te reël vir 'n besoek.
Kontak hulle by 084 499 8546 of 084 258 9807 gedurende die dag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’