OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Christian Counselling het verlede Sondag sy vyfde verjaarsdag met 'n spogfunksie in die Toekomsrus-gemeenskapsaal gevier.
Die organisasie se eerste konferensie wat deur meer as 200 mans en vroue, wat reeds die beradingskursusse deurloop het, sowel as vriende en familie wat hulle ondersteun bygewoon is, was van Graaff-Reinet, Nieu-Bethesda, Riversdal, Ladismith, Calitzdorp, Dysselsdorp, Willowmore en Oudtshoorn.
Volgens Evangelis Eshida May, bied Christian Counselling geestelike beradings-kursusse gratis in gemeenskappe aan.
Volgens haar is dit 'n nie-winsgewende organisasie en is daar in Oudtshoorn alleen reeds 200 studente deur die kursusse bemagtig. Dit is interkerklik en werk saam met verskillende kerkgenootskappe om die eenheid van die kerk te verseker.
Die organisasie se groot uitdaging om die kursusse aan te bied is 'n gebou in Oudtshoorn en ander dorpe.
Kursusse is al reeds in Oudtshoorn, Dysselsdorp, Ladismith, Zoar, Calitzdorp, Willowmore, Graaff-Reinet, Nieu-Bethesda en Johannesburg aangebied en volgens biskop Zerach Pinon het die Here aan hom gewys dat dit oor die hele wêreld kan strek. Daar is tans versoeke dat dit in 2023 ook in Pakistan aangebied moet word.
Dorpe wat ook reeds versoek het dat die kursusse daar aangebied word is volgens May, Barrydale, Kaapstad, Nelspoort en Pretoria.
Sy het namens die organisasie vir Pinon bedank wat die visie van Oudtshoorn Christian Counselling deel en die kursusse gratis aanbied.
Sy het namens die bestuur ook vriende en familie wat vir hulle bid en altyd ondersteun bedank met spesiale dank aan die Oudtshoorn-munisipaliteit, Kekkel en Kraai, Strydom Begrafnisdienste, EDENfm, Heart Beat FM, asook almal wat 'n bydrae tot die sukses van die konferensie gemaak het.
Mense wat belang stel in die kursusse kan May kontak by 083 9225 147.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'