OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Oudtshoorn Cansa Relay for Life het verlede Saterdagaand, na 'n onderbreking van twee jaar om 18:00 by die De Jager-sportkompleks plaasgevind.
Ongeveer 220 mense het die geleentheid bygewoon met EDENfm wat verantwoordelik was vir die musiek.
Volgens een van die organiseerders, Adri Odendaal, is Kansa dankbaar om weereens die kankeroorlewendes op hierdie wyse te eer.
Daar was geleentheid om bloeddruk en suiker te laat toets en borsondersoeke kon ook gedoen word.
Pro Academy-dansskool het met verloop van die aand toeskouers beïndruk met hul danspassies. Een van die hoogtepunte van die aand was toe Odendaal bekendgemaak het dat die egpaar, Mike en Adriana Robertson, die Global Heroes-toekenning van Amerika ontvang het vir hul betrokkenheid by Kansa.
Die Therapy Dogs-span se honde was ook teenwoordig met van die kankeroorlewendes wat om die beurt met hulle om die baan gestap het.
Odendaal het almal bedank wat die geleentheid moontlik gemaak het.
Mike Robertson (links) het die simboliese fakkel van lewe aan die brand gesteek. Regs is Adri Odendaal van Kansa.
Die Therapy Dogs-span se honde (Aleks, Kimba en Molly) was ook teenwoordig met van die kankeroorlewendes wat om die beurt met hulle om die baan gestap het. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein karoo nuus'