OUDTSHOORN NUUS - Cango Wildlife Ranch het die week twee toekennings van PAAZA (Pan-African Association of Zoos & Aquaria) ontvang.
Volgens Charleen Boshoff, bemarkingsbestuurder van die Ranch, het hul dierkundige assistent en groot karnivoor-kurator, Craig Gouws, die 'Keeper Excellence Award' ontvang en die toeristegidse het die 'Education Award' ontvang.
Volgens haar word Gouws se toekenning aan 'n individuele diere-bewaarder wat permanent in diens van 'n institusie is oorhandig.
Die individu moet ook lojaliteit, belangstelling en passie vir die dier waarvoor hy sorg toon.
"Craig werk reeds vir bykans 20 jaar by Cango Wildlife Ranch.
"Hy het as tiener begin om kinders met die ponieritte te help.
"Daarna het hy 'n gids geword en vandaar is hy bevorder in die pos waar hy vandag is," het sy gesê.
Die 'Education Award' word aan lede gegee wat uitblink in die opvoeding van die publiek deur middel van bewaringsbewustheid, diere- en omgewingsinligting oor te dra en die visie en missie van die fasiliteit op 'n gestruktureerde en formele manier te oor te dra.
"Al ons besoekers word op 'n toer deur die Ranch geneem. Die toer word op 'n formele wyse aangebied en fokus uit en uit op opvoeding en bewusmaking.
"Die gidse verduidelik ook wat die doel van die geakkrediteerde dierkundige-fasiliteit is en word in Engels, Afrikaans, Duits en Frans aangebied."
Boshoff sê ongeveer 37 000 skoolkinders en 8 000 gemeenskapslede is in die afgelope vyf jaar gratis op die toere geneem.
"Ons het trots om te kan se dat ons wel by PAAZA geakkrediteer is.
"Toekennings soos dié is bewyse van die hade werk wat ons by die Ranch doen en ook dat ons ons doelwitte bereik.
"Dit is ook 'n geleentheid om aan ons span dankie te sê vir al hul harde werk."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'