Die vermoede bestaan dat beheerde brande, in `n afgebakende gebied met brandreg, buite beheer geraak het toe `n sterk Noordwestewind, voor die aankomende kouefront, vlamme meegeswiep het.
Die brand het tot na aan die Mosselbaai-pad versprei.
Volgens Jaco de Bod, verbonde aan Goussard Byeboerdery, is sowat 32 swerms Maandag verloor, en 18 uit 20 byekaste.
De Bod het die skade op tussen R32 000 en R35 000 bereken. "Ons het produksiekaste en heuningkorwe verloor en dit sal sowat ses maande neem die skade te herstel."
Woensdag was daar twee brande, een by Stolsvlakte en een op 'n plaas op die Rooiheuwel-pad. Boere van die omgewing het nie skade gely nie.
Nooddienste het, na aanleiding van die brande, `n beroep gedoen op boere in die omgewing om te let op die reëls en regulasies wanneer dit by beheersde brande kom.
Volgens brandbestrydingsregulasies is die be-langrikste om aansoek te doen vir 'n permit om te brand. Die permitte is verniet en daar is ook gewaarsku dat daar streng opgetree gaan word teen diegene wat nie permitte uit neem voor hulle beheersde brande op die plase uitvoer nie.
Met die uitneem van die permit sal daar in ag geneem word of rookbesoedeling tot nadeel van die omgewing sal wees.
Die groot rede hiervoor is sodat owerhede bewus is van die brande en dan kan help om die brand te beheer en kan die owerhede verdere raad en bystand verleen om die brand veilig en verantwoordelik uit te voer.
Maak ook seker die weersomstandighede is gunstig en geen brande mag uitgevoer word tydens die brandverbod tydperk nie. Dit is van
1 November tot einde April.
Dit is ook belangrik om te onthou dat die persoon wat verantwoordelik is vir die brand te alle tye teenwoordig moet wees. Die brand area moet ook vir ten minste 72 uur opgepas word en alle vlamme moet teen sononder geblus word. Geen brande word toegelaat op Vrydae, naweke of publieke vakansiedae of die dag voorafgaande van die dae nie.

Riete het aan die brand geraak op 'n plaas op die Rooiheuwel-pad.
Brande Maandag in die Volmoed-distrik. Foto: Jaco de Bod
Die skade wat deur brande aan byekorwe aangerig is. Foto: Jaco Bod
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'