Update
OUDTSHOORN NUUS - Die munispale woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe het vanoggend bevestig dat die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, sedert Maandag onbepaald met verlof is.
Volgens Mangqwengqwe sal die onderburgemeester, Noluthando Mwati, as burgemeester waarneem tydens Sylvester se afwesigheid.
Hy het ook gesê dat die raad se bedrywighede normaal voortgaan terwyl die burgemeester met verlof is.
Daar is gister berig dat die DA se federale uitvoerende raad daarop aangedring het dat die burgemeester ten minste ses weke verlof neem terwyl klagtes ondersoek word.
Die DA se leier in die Wes-Kaap, Bonginkosi Madikizela, het gister gesê die DA sal vandag ‘n mediaverklaring oor die aangeleentheid uitreik.
Lees 'n vorige artikel: Burgemeester moet 6 weke 'verlof' neem
Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester by die onderburgemeester, Noluthando Mwati, en speaker, Julia le Roux.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'