Update
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, het 'n groot groep inwoners van Rose Valley vandag vinnig gaan toespreek nadat hulle onwettig saamgedrom het om op kospakkies aan te dring.
Sylvester het aan hulle verduidelik dat die munisipaliteit die voorgeskrewe tenderproses tot sewe dae verkort het sodat voedsel aangekoop kan word om in die gemeenskap uit te deel.
Die groep het reeds vroeër vandag byeengekom en die polisie het toegelaat dat die burgemeester die stand van sake kan verduidelik sodat die mense vreedsaam uiteen kon gaan.
Volgens Sylvester gaan die munisipaliteit probeer om binne die volgende dag of twee voedselpakke aan mense uit te deel. Dit is duidelik dat die meerderheid van inwoners wat byeengekom het, despraat is vir voedselhulp. I
ntussen sit die land in afwagting om te hoor wat President Ramaphosa vanaand gaan sê oor die huidige inperking en moontlike ekeonomiese verslapping van sommige ondernemings.
Kyk 'n video hieronder.
VORIGE ARTIKEL: INWONERS SOEK BELOOFDE KOSPAKKIES
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'