OUDTSHOORN NUUS - Die burgemeester van Oudtshoorn, Chris MacPherson, is met Covid-19 gediagnoseer.
MacPherson het in 'n persverklaring gesê dat hy in selfkwarentyn is.
"Ek is gister met Covid-19 gediagnoseer en sal in isolasie wees. Ek wil alle inwoners aanmoedig om voorsorgmaatreëls te tref, sosiale afstand te hou, maskers te dra en hande te was. Ek het ook almal met wie ek in aanraking was reeds van my status laat weet."
MacPherson het gesê hy is nie ernstig siek nie en dat hy sy uitsterste bes sal doen om virtueel met sy kollegas in kontak te bly.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'