OUDTSHOORN NUUS - Sally Stadler van Millenniumpark het verlede week 60 000 broodknippies aan Hoërskool Oudtshoorn gegee.
Dit vorm deel van die 'Bread tags for wheelchairs'-projek en Hoërskool Oudts-hoorn is een van die afsetpunte van die projek.
Die herwinningsprojek is in 2006 deur Mary Honeybun gestig en die organisasie skenk maandeliks ongeveer drie rolstoele aan kinders en volwassenes.
Die knippies word geweeg en elke 200 kg is genoeg om een rolstoel mee te koop.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'