Breaking News
OUDTSHOORN NUUSFLITS - ‘n Motor en bromponie was kort na 13:00 vanmiddag (Maandag 26 Februarie) in ‘n botsing voor Nostalgie, Baron van Reedestraat betrokke.
Oudtshoorn-polisiewoordvoerder, sersant Gretchen Micheals, het kort na die ongeluk gesê: "Die polisie is besig om verklarings af te neem. Dit is nog onbekend of iemand beseer is en wat die omvang van die skade is.”
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'