Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n man (31) van Bridgton, wat van aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekla word, nadat hy glo 'n eenjarige kind in die lug rondgeswaai het, is Dinsdag met sy eerste verskyning in die streekhof vir afskrifte van die dossier en instruksies tot later die maand uitgestel.
Die aangeklaagde is deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kinder-mishandeling en seksuele oortredings in hegtenis geneem nadat 'n video van die beweerde voorval op sosiale media versprei is.
Streeklanddros Daniel Boks het die saak op versoek van die aangeklaagde se regsver-teenwoordiger, Brian Carelse, tot 25 April uitgestel. Hy bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- Man wat kind rondswaai se saak na streekhof oorgeplaas
- Man in hegtenis na beweerde kindermishandeling
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’