OUDTSHOORN NUUS - Die Polisiehoogte-sopkombuis en nasorgsentrum het Maandagoggend die Bridgton-kleuterskool verras met 'n skenking van waatlemoene, groente, vrugte en mieliemeel.
Volgens Phillip Seroux het hy gehoor van die finansiële verknorsing waarin die kleuterskool hom tans bevind en besluit om 'n geringe bydrae te lewer.
"Ons het besluit om van ons skenkings af te knyp vir die kleuterskool," sê Seroux.
Volgens hom kon hy dit doen danksy die gereelde skenkings van groente en vrugte wat hy van Food Lover's Market ontvang en die eienaar, Pieter Blignault, vir sy voortdurende steun bedank.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'