PRINS ALBERT NUUS - Die bekende sanger, liedjieskrywer en musikant Brian Finch (71) van Prins Albert is Sondagmiddag aan kanker oorlede, na 'n moedige stryd van meer as 'n jaar teen die siekte.
Sy loopbaan in die musiekbedryf het oor meer as vyf dekades gestrek en hy het in hierdie tyd veertien plate/CD's gemaak.
Brian het 'n formidabele loopbaan oor die jare gebou deur landwyd, ook in Namibie", te toer en op te tree.
"My lewe gaan oor nuwe liedjies, mooi musiek en om dit met my ondersteuners te kan deel".
Prins Alberters het sedert Brian se afsterwe hul simpatie uitgespreek teenoor sy vrou, Marian, wat ook sy bestuurder was.
Hierdie foto's is geneem tydens Brian se optrede by The Showroom in Prins Albert.
Sy loopbaan in die musiekbedryf het oor meer as vyf dekades gestrek en hy het in hierdie tyd veertien plate/CD's gemaak.
Brian se optrede by The Showroom in Prins Albert. Foto's: Marlene Malan
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'