Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Egpaar en hulle kleinkind is ongedeerd nadat hulle werkershuis in Haaskloof, Schoemanshoek, vanoggend uitgebrand het.
Jan en Helene Okkers was nog in die bed toe die brand vanoggend net na 06:00 in die sitkamer ontstaan het.
Volgens Okkers het hy wakker geword en vlamme langs die voordeur gesien.
Die vlamme het vinnig versprei en hy het sy vrou en kleinkind gehelp om deur 'n venster te ontsnap.
Volgens hom was al drie vertrekke binne minute in vlamme gehul en hulle kon geen besittings red nie. Die brandweer het die brand geblus voordat die dak ineenstort, maar die binnekant van die huis was heeltemal in puin.
Dit blyk dat 'n battery wat deur 'n sonpaneel gelaai word moontlik die brand kon veroorsaak het.
Kyk 'n video hieronder.
Die inhoud van die huis is heeltemal vernietig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'