OUDTSHOORN NUUS - ‘n Brand het vanmiddag by die Groot Kop Stortingsterrein onstaan. Die volgende verklaring is van die munisipaliteit ontvang:
Daar word vermoed dat die brand veroorsaak is deur persone wat onwettig op die stortingsterrein bly. Die brandweer het ondersoek gaan instel, maar kan ongelukkig nie die vuur blus nie, aangesien dit sporadies voorkom op die terrein.
Gelukkig waai daar tans ‘n suid-ooste wind en die impak van die vuur is minimaal op die aangrensende gemeenskap. Ons is tans besig om die vuur te monitor en sal daadwerklik die nodige ondersoeke loods.
Tydens die ontstaan van die brand was ‘n diensverskaffer op die terrein besig met roetine instandhouding en rehabilitasie, maar moes noodgedwonge die nodige werk vir die dag staak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'