Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die inwoners van die gasteplaas, Shadowlands, het 'n aantal benoude minute beleef toe 'n brand wat 'n hele ent van hulle huis begin het, skielik deur die wind tot by hulle agterdeur aangejaag is.
As gevolg van die digte rook kon hulle glad nie sien hoe ver die brand van hulle huis was nie.
Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant was die hitte en rook so erg dat daar vrese was dat buitegeboue gevaar loop om aan die brand te slaan.
Die brandweer het egter onmiddelik die geboue beveilig en die brand is verder met die rivierloop langs.
Vure het op drie verskillende plekke weerskante van die pad ontstaan en is moontlik met opset aangesteek.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'