Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Motoriste word gemaan om geduldig te wees op die pad tussen Oudtshoorn en De Rust waar padwerke is.
Daar was 'n botsing kort voor een van die beheerpunte.
Sover vasgestel kon word het 'n Toyota Verso 'n ry motors verbygesteek en met 'n Toyota Corolla wat in dieselfde rigting onderweg was, gebots.
Twee persone is met ligte beserings hospitaal toe geneem.
Dit is kommerwekkend om te sien hoe haastige motoriste op onveilige plekke en selfs op gedeeltes waar daar eenrigting verkeer is, verbysteek.
Kyk 'n video hieronder.
Die Toyota Corolla wat betrokke was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'