Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Een persoon is beseer in 'n botsing tussen 'n polisievoertuig en 'n Landrover Discovery.
Die botsing het vanoggend omstreeks 11:15 tussen Oudtshoorn en George gebeur.
Volgens inligting op die toneel het die Landrover langs die pad gestaan. Die bestuurder het blykbaar weggetrek en die pad oorgesteek. Die polisievoertuig het op daardie oomblik om die draai grkom en die Landrover teen die regterkant getref.
Die twee voertuie is aan weerskante van die pad af.
Sover vasgestel kon word was daar nie ernstige beserings nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die Landrover Discovery.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'