Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Man is lig beseer toe 'n VW Polo Dinsdagaand in Schoemanspoort op die grottepad die pad verlaat het en 'n wal getref het.
Daar was nog twee mans in die Polo tydens die ongeluk. Hulle is ongedeerd, maar dit is nie duidelik watter een van die twee bestuur het nie aangesien elkeen gesê het die ander een het bestuur.
Albei mans was onvas op hulle voete. Een van hulle het selfs 'n paar klappe gekry van 'n vrou wat saam met ander te voet by die toneel opgedaag het.
Volgens een van die vrouens het die mans by iemand gekuier en "toe mos wyn gedrink". Dit blyk dat die kuierplek en die huis waarheen die mans onderweg was redelik naby aan die ongelukstoneel is.
Die bestuurder van 'n sekerheidsvoertuig wat agter die Polo gery het, het die nooddienste ontbied. Volgens hom het die Polo op die draai links van die pad afgery en toe oor die pad geswenk en die wal aan die regterkant getref.
VIDEO: Man lig beseer in ongeluk op Grotte-pad
Die Polo het op die draai links van die pad afgery en toe oor die pad geswenk en die wal aan die regterkant getref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'