OUDTSHOORN NUUS - Een persoon is lig beseer na twee voertuie gisteraand in Voortrekkerweg by die St. Saviourstraatkruising met mekaar gebots het.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant ontvang het was beide voertuie na bewering uit De Rust se rigting onderweg.
Die Toyota wou glo regs draai in St. Saviourstraat toe die Eco Sport en Toyota met mekaar gebots het. Vier persone was in die ongeluk betrokke, maar slegs een persoon, glo 'n swanger vrou, is per ambulans na die hospitaal geneem.
'n Ford Eco Sport en Toyota was betrokke in 'n botsing in Voortrekkerstraat:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'