Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Munisipale bakkie en 'n Isuzu was vanmiddag omstreeks 16:00 in 'n botsing betrokke. Die botsing was by die kruising van Langenhovenweg en Rademeyerstraat waar talle botsings al plaasgevind het.
Volgens inligting van albei bestuurders op die toneel het die Isuzu vanuit Rademeyerstraat links in Langenhovenweg ingedraai toe die munisipale bakkie van die teenoorgestelde kant ook in Langenhovenweg ingedraai het.
Die twee voertuie het mekaar getref waarna die munisipale bakkie 'n grensmuur getref het.
Volgens die huiseienaar wie se muur beskadig is, het hy die muur reeds drie keer herstel na vorige botsings.
Niemand is in die botsing beseer nie.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'