TUINROETE|KAROO NUUS - ‘n Egpaar van Plettenbergbaai was Saterdag die onderskeie wenners van die 271ste Oudtshoorn-parkrun by Surval Boetiek-olyflandgoed.
Eugene Botha was die vinnigste van die 60 deelnemers met 'n tyd van 21 minute 2 sekondes, terwyl sy vrou, Michelle, die vinnigste vrou was met haar tyd van 24 minute 15 sekondes.
Francois Verwey was die tweede man met 'n tyd van 22 minute 43 sekondes en Jaco Erasmus derde met sy tyd van 24 minute 12 sekondes.
Gerhard Colyn het Saterdag sy 50ste parkrun voltooi.
Michelle Botha wat die vinnigste vrou was met haar tyd van 24 minute 15 sekondes.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'