Update
OUDTSHOORN NUUS - Die man van De Rust wat op die moord van die 16-jarige Deirdré Opperman aangekla word, het verlede Dinsdag in 'n stampvol Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Clifton Booysen word daarvan aangekla dat hy Deidré Opperman vroeg in September vermoor het.
Kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê Opperman het Saterdag 1 September vermis geraak na sy saam met haar neef gaan kuier het.
"'n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur en het die Maandag uitgebrei tot langs die N12 in die rigting van Oudemuragie waar daar toe na 15:00 op die half naakte liggaam van die oorledene agter digte bosse afgekom is.
"Sy het veelvuldige beserings aan haar hoof opgedoen. 'n Klip wat met bloed bevlek was is naby die liggaam gevind en op beslag gelê. Die liggaam was onherkenbaar vermink en verbrand," het hy gesê.
Landdros Roelf Konstabel het die saak vir 'n formele borgtog-aansoek tot 3 Oktober uitgestel.
Opperman se verkoolde liggaam is twee weke gelede in 'n veld buite De Rust gevind.
Sy was twee dae vermis voor hulle haar liggaam gevind het.
Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê sy het veelvuldige beserings aan haar hoof opgedoen.
Daar is beslag gelê op 'n klip wat met bloed bevlek was en naby die liggaam gevind is.
Die liggaam was onherkenbaar verbrand.
Lees 'n vorige artikel: Jong meisie vermoor en verbrand
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'