OUDTSHOORN NUUS - ‘n Vrou van Black Joint, Bongolethu, wat haar tante en niggie na bewering met ‘n bierbottel geslaan het, en teregstaan op twee aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, is in die Oudtshoorn-distrikshof borgtog van R300 toegestaan.
Die 24-jarige ma van drie, Leanne Swartbooi, word daarvan aangekla dat sy Katy Heskwa en Esmarelda Swartbooi, beseer het deur hulle met ‘n bierbottel in hul gesigte te slaan.
Sy het aangedui dat sy onskuldig sal pleit wanneer die verhoor begin.
Landdros Stephanie Strydom het borgtog toegestaan op voorwaarde dat sy wegbly van die twee klaers, haar weerhou van die gebruik van alkohol, en nie by verdere misdaad betrokke raak nie.
Die hof het ook ‘n beskermingsbevel gemagtig wat haar onder andere verbied om met die klaers kontak te maak.
Die saak is tot 14 Februarie uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’