OUDTSHOORN NUUSFLITS - Borgtog is in die Oudtshoorn-landdroshof geweier aan 'n man van De Rust, Dawid Stuurman (23), wat teregstaan op aanklag van roof met verswarende omstandighede.
Stuurman het glo op 4 Desember verlede jaar sy neef, Henry Stuurman (27), van Oudemuragie, met 'n mes gesteek en van 'n kan wyn beroof.
Hy het aangedui dat hy onskuldig sal pleit.
Die ondersoekbeampte het borgtog teengestaan omdat Stuurman 'n vlugrisiko is en moontlik nie hofverrigtinge sal bywoon nie.
Hy sal waarskynlik ook nie enige borgtogvoorwaardes nakom nie en daar is nog talle hangende sake teen hom. Hy is ook moeilik te vinde wanneer die polisie hom soek.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'