CALITZDORP NUUS - Daniël Nel, Boplaas se bobaas whisky-stoker is saam met die res van Boplaas-kelders baie trots op Boplaas-whisky wat pas deur die whisky-kenner Fred Heart as Top Spirit SA 2020 aangewys is.
Boplaas se whisky het al verskeie toekennings verower.
Een van die geheime van Boplaas whisky is dat dit vyf jaar in ex-bourbon vate verouder en daarna nog twee jaar in Boplaas se kampioen port vate lê. Volgens Nel is die Klein-Karoo se klimaat ook uitstekend vir die veroudering van spirits.
"As gevolg van die lae humiditeit, is die sogenaamde angels' share aansienlik hoër as in Skotland of Ierland. Die angel's share is die gedeelte van die alkohol wat verdamp deur die vate en dit maak die whisky sagter in 'n korter verouderings- tydperk."
Nel is 'n sesde geslag stoker nadat sy agter-oupagrootjie reeds in 1880 brandewyn gestook en na Engeland uitgevoer het. In daardie tyd het hulle die brandewyn in eikehout vaatjies op ossewaens Worcester toe vervoer, waarna dit per trein na die hawe by Kaapstad geneem is en dan per boot na Londen toe.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'