CALITZDORP NUUS - Boplaas Familie Wingerde in Calitzdorp se whisky het uitstekend gevaar by vanjaar se International Wine & Spirits Competition waar dit die uitstaande silwertoekenning ontvang het.
Boplaas se whisky word van uitsoek Suid-Afrikaanse mielies gemaak en dubbel verstook en verouder in bourbon- en brandewynvate.
Daniël Nel en Boplaas se nuwe stookketel, die Falcon, is verantwoordelik vir Boplaas se gedistilleerde produkte.
Hy is ook verantwoordelik vir Boplaas se Pink Gin, Suid-Afrika se eerste port-infusie gin, wat onlangs ook 'n silwertoekenning ontvang het.
Die Nel-gesin van Boplaas (van links) Daniël, Jeanne, Carel, Marquax en Rozanne by die Falcon waarmee Boplaas se gedistilleerde produkte gestook word.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'