KLEIN KAROO NUUS - Boplaas Familie Wingerde op Calitzdorp se 2004 Reserve Port is by Michelangelo International Wine & Spirits Awards 2020 sowel as die Novare Terroir Awards as Suid-Afrika se beste port aangewys.
Boplaas Touriga Nacional 2019 is ook aangewys as die beste SA Touriga Nacional by die Terrior Awards sowel as die beste waarde vir geld wyn in SA deur Tim Atkin (Master of Wine) in England.
Boplaas Bobbejaanberg Sauvignon Blanc is ook aangewys as die kampioen sauvignon blanc in die streek. Verskeie toekennings is verower deur die whisky, gin en brandewyn.
Die Boplaas 6 Jaar Whisky wat in 2018 aangewys is as SA se beste whisky het by vanjaar se Michelangelo Awards as 8 Jaar Whisky saam met Boplaas se 8 Jaar Brandewyn en 8 jaar Citrus Gin goue medaljes verdien.
By die jongwynskou het Boplaas ook ses goue medaljes vir port in die Tawny- en Vintage-klas losgeslaan.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'