OUDTSHOORN NUUS - Boplaas Familie Wingerde in Calitzdorp is pas aangewys as "Port van die Jaar" wenner by die Platter wyngids vir die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2020.
Vroeër vanjaar het Boplaas ook die beste Suid-Afrikaanse Port gewen by die gesogte internasionale wynkenner, Tim Atkin, vir die Boplaas Cape Tawny Colheita Single Harvest 2005.
4 1/2 sterre is aangewys vir die volgende wyne:
- Boplaas Gamka Red 2020
- Boplaas Gamka Branca 2019
- Boplaas Touriga Nacional Family Reserve 2019
- Boplaas Cape Vintage 2019
4 sterre vir die volgende wyne:
- Boplaas Bobbejaanberg Sauvignon Blanc 2022
- Boplaas Cabernet Family Reserve 2020
- Boplaas Touriga Nacional 2021
- Boplaas Cape Ruby NV
- Boplaas Wit Muskadel 2022
- Boplaas Rooi Muskadel 2022
Besoek ons gerus by een van ons proe-lokale in Calitzdorp, Klein-Brakrivier of Plettenbergbaai.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'