OUDTSHOORN NUUS - Twee OTM-kaartmasjiene by die Thusong-sentrum in Bongolethu het die afgelope naweek groot skade gely nadat booswigte die glasskerms gevandaliseer het.
Volgens een van die werkers by Thusong-sentrum moes die plundery oor die naweek of Maandag en Dinsdag gebeur het toe dit openbare vakansiedae was.
"Wat my so vies maak is die feit dat die Bongolethu-polisiestasie wat slegs 30 meter van die Thusong-sentrum sit, hulle eers nie afskrik nie. Nou moet die arme mense dorp toe gaan om geld te trek wat onnodig is. Dit veroorsaak groot ongerief, veral vir die oumense," sê hy.
Dié werker sê verder dat die kitsbanke se plundery by Thusong-sentrum 'n algemene verskynsel is sedert dit die eerste keer in 2015 geinstalleer is.
Thusong-sentrum het in 2010 sy deure geopen.
"Aanvanklik was hier drie OTM's; ABSA, Nedbank en Standard Bank. Oor die jare is die OTM's elke keer net reggemaak, maar in Augustus het Standard Bank besluit om hul masjien te onttrek omdat die herstelkoste te duur is. As die plundery voortgaan, sal hier een van die dae geen OTM's beskikbaar wees vir die gemeenskap nie."
Twee OTM-kaartmasjiene by die Thusong-sentrum in Bongolethu het die afgelope naweek groot skade gely nadat booswigte die glasskerms gevandaliseer het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'