OUDTSHOORN NUUS - Booswigte het verlede Vrydag by die Bridgton-sportterrein se mobiele gimnasium probeer inbreek.
Persone in ‘n wit Volkswagen Golf het glo die aand van die toneel af weggejaag.
Daar was aanvanklik vermoed dat gewigte gesteel is aangesien die slotte van die gimnasium afgebreek is. Die gewigte is egter deur die sportterrein se personeel gevind. Dit was naby die gimnasium weggesteek.
Die gimnasium se slotte is intussen vervang.
Hennie Baartman, president van die SWD-rugbyunie, het die voorval betreur: "Hierdie fasiliteit is in 2014 deur SA Rugby teen ‘n koste van R500 0000 opgerig om rugbyspelers met hul kondisionering te help. Dis ‘n hartseer dag as die gemeenskap sy eie besittings probeer steel."
Die gimnasium se slotte is afgebreek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'