Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Denneboom in Oakstraat wat deur die wind omgewaai is, het op 'n Isuzu-bakkie beland. Die bakkie was aan die oorkant van die pad parkeer.
Niemand is beseer nie.
Die eienaar van die bakkie is tans op die toneel nadat hy 'n kettingsaag gehaal het om die boom te verwyder.
Die bakkie se windskerm is gebreek en 'n stutpilaar is beskadig.
Kyk 'n video hieronder
Volgens die inwoner op wie se sypaadjie die boom gestaan het, het sy 'n slag gehoor en gesien die boom lê op die bakkie.
As voorsorgmaatreël gaan nog 'n denneboom op die sypaadjie afgesaag word.
Die Isuzu-bakkie se windskerm is gebreek.
Die oorblywende boom sal afgesaag word sodra die wind bedaar het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'