OUDTSHOORN NUUS - Bongolethu-vroue-vereniging van Kerke het die vereniging se 2021 bedrywighede verlede Donderdag met 'n spesiale biduur en geselligheid in die Bongolethu United Congregational United Church of Southern Africa afgesluit.
Die biduur is deur die president van die vereniging, pastoor Gladys George, gelei wat haar boodskap na aanleiding van Mattheus 27: 27-31 gebring het oor die kruisiging van Jesus en sy bespotting deur soldate.
Volgens haar was 2021 nie 'n maklike jaar nie, maar danksy samewerking van die vroue van verskillende denominasies in Bongolethu, tog 'n baie suksesvolle een.
"Ons het baie om voor dankbaar te wees veral met die pandemie wat soveel lewens geëis het en daarom kom al die eer ons Hemelse Vader toe," het George gesê.
Sy het 'n beroep op die vroue gedoen om gefokus te bly en nie toe te laat dat dinge wat Satan op hul pad bring, hulle te laat afdwaal nie, maar vorentoe te kyk.
Die vereniging het sy dank uitgespreek vir donasies wat die vereniging van Oudtshoorn Begrafnisdienste, Oudtshoorn Groentemark, Wilck Spar, Kannaland en Watson & Brink Apteek ontvang het.
Die vroue van die Bongolethu-vrouevereniging van kerke tydens verlede Donderdag se afsluitings-biduur in die Bongolethu UCCSA. Pastoor Gladys George staan agter regs. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'