OUDTSHOORN NUUS - Die hoof van Bongolethu Primêr, mnr Thabo Tsunyana, het tydens die opening van die skool vanoggend 'n beroep op leerders se ma's gedoen om nie in hul slaapklere na die skool te kom nie.
Hy het dit duidelik gestel dat hulle nie op die skoolgronde toegelaat sal word nie omdat dit nie sindelik is nie.
Die ouers is ook meegedeel dat die skoolhekke 'n sekere tyd in die oggend gesluit sal word vir die veiligheid van leerders.
Hy het ook n beroep op ouers gedoen om vooraf vir afsprake te reël.
Die skool het vanjaar 102 nuwe Gr 1's wat in drie klasse ingedeel is.
Me Pumla Mafu, een van die Gr 1 opvoeders, saam met haar klas van 34. Foto's: Garnett Wicomb
Me Peggy Xwelesha saam met die tweeling, Charlene en Sherolene Samson. Foto's: Garnett Wicomb.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'