Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Meer as 80 mense wat behoefte aan 'n warm baadjie gehad het, het Saterdagoggend langs Voortrekkerweg 'n aangename verrassing aan bome gekry.
Die span van Jakhals Events het Saterdagoggend in Voortrekkerweg baadjies aan bome gehang om persone wat minderbevoorreg is, warm te hou.
Volgens Corné Botha van Jakhals Events, was die idee om geskenkte baadjies en warm bostukke aan bome langs die pad te hang met 'n boodskap: "As jy 'n behoefte het aan 'n baadjie, mag jy een vir jou neem."
Dié idee, wat ook nasionaal gedryf word, kom volgens Botha oorspronklik van Turkye af.
Botha sê Saterdag se baadjies-aan-bome-projek het sy wildste verwagtinge oortref en die publiek het meer as 80 baadjies vir hierdie goeie doel geskenk.
Fotogalery: Baadjies-aan-bome projek
Een van die eerste beguns-tigdes het Saterdagoggend van oor tot oor geglimlag en sy dank teenoor Jakhals Events vir hierdie mooi gebaar uitgespreek.
"Ek was te voet op pad dorp toe om 'n paar inkopies te doen toe ek op 'n netjiese baadjie aan 'n boom afkom. Jisso, nou voel ek darem vir jou geseënd," het hy uitbundig verklaar.
Een van die eerste begunstigdes het vanoggend van oor tot oor geglimlag.
Die projek is deur die verkeersdepartement en voertuie van die Oudtshoorn-munisipaliteit begelei en elke baadjie wat opgehang is, het 'n dankbare eienaar gevind.
Die span van Jakhals Events druk besig in Voortrekkerweg om baadjies aan bome te hang. Foto's: Wyndham Ewerts
Vorige artikel: Baadjies-aan-bome galore in Voortrekkerweg
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'