Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Ford Bantam is hospitaal toe na 'n botsing met 'n BMW omstreeks 01:00 laasnag.
Die bestuurder van die BMW was nie op die toneel nie en het vermoedelik die hasepad gekies voordat die polisie of nooddienste op die toneel was.
Dit blyk dat die BMW uit 'n systraat naby Swans Hardeware gekom het en voor die bakkie wat met Voortrekkerweg onderweg was, ingery het.
Die bestuurder van die bakkie get gekla van borspyn. Hy was alleen in die bakkie.
Dit is onbekend hoeveel insittendes in die BMW was.
Kyk 'n video hieronder:
Die bestuurder van 'n Ford Bantam is hospitaal toe na 'n botsing in die vroë oggend.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'