CALITZDORP NUUS - 'n Man van Bergsig met 70 vorige veroordelings, waarvan die meeste vir huisbraak en diefstal is, is in die Oudtshoorn-streekhof as gewoontemisdadiger, algemeen bekend as die bloubaadjie, verklaar, nadat hy weer aan diefstal skuldig bevind is.
Klaas van Wyngaardt (36) is op 14 Julie vanjaar in die Calitzdorp-landdroshof aan diefstal skuldig bevind nadat hy skuldig gepleit het.
Hy het erken dat hy op 4 Maart vanjaar ‘n selfoon ter waarde van ‘n R1 000 van Lisbet Opperman gesteel het.
Die saak is daarna vir vonnisverrigtinge na die streekhof in Oudtshoorn oorgeplaas.
Streeklanddros Daniel Boks het met vonnisoplegging gesê dit is duidelik dat Van Wyngaardt uit gewoonte misdaad pleeg, en vorige vonnisse hom nie tot inkeer gebring het nie.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'