OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het verlede Donderdag tydens die voortsetting van sy maandelikse raadsvergadering wat twee Vrydae gelede deur 'n groepie rumoerige vroue ontwrig is en verdaag moes word, eenparig besluit om voort te gaan met die Blossoms-waterprojek onderworpe aan goedkeuring van die Wes-Kaapse plaaslike regering vir 'n verdere R20 miljoen.
Die raad het reeds R30 miljoen vir droogteverligting van die nasionale tesourie ontvang en die groen lig gekry om dit vir Fase 1 van die projek, die opstel van die nodige planne, die betaling van professionele fooie en die aankoop van die nodige materiaal aan te wend.
Volgens die munisipale bestuurder, Allen Paulse, is toestemming verkry om die R30 miljoen vir die doel te gebruik hetsy die munisipaliteit die waarborg van 'n verdere R20 miljoen wat benodig word kan vind.
Die R30 miljoen moet volgens Paulse teen einde Maart 2019 spandeer word.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'