OUDTSHOORN NUUS - Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, nader die Blossoms-waterprojek voltooiing.
Sy sê dat die munisipaliteit besig is met die laaste 500 m van die 22 km-pyplyn. "Al die geboue wat pompstasies huisves, is voltooi asook alle reservoirs. Meganiese kontrakteurs het ook met installasies begin," sê Mle.
Dit beteken dus dat die projek op skedule is en in April 2023 voltooi sal word. "Daar word voorsien dat water vanaf einde April aan Oudtshoorn voorsien sal word," sê Mle.
"Die enigste kwessie wat nog opgelos moet word, is die installering van elektrisiteit wat deur Eskom afgehandel moet word. Die stelsel sal aan die reservoirs in Oudtshoorn (die ou oos-reservoir in Victoriastraat) en ook aan die Klein-Karoo Landelike Waterskema gekoppel word.
"Sodra die stelsel ten volle in werking is, sal 'n formele openingseremonie gehou word," sê Mle.
'n Datum vir die seremonie sal op 'n later stadium bekendgemaak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’