LADISMITH NUUS - Die Eden-polisiekluster, wat uit 13 polisiestasies bestaan, het verlede Woensdag 'n bewusmakingsveldtog in Ladismith gehou om die veiligheid van bejaardes te beklemtoon.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, is 'n toneelstuk wat op gesinsgeweld en dwelm- en alkoholmisbruik fokus, opgevoer.
Hans Muller van Dysselsdorp het die gehoor met sy sangtalent vermaak en die trompoppies van Dysselsdorp en Calitzdorp bejaarde Gospel-koor het ook opgetree.
"Ons wou graag die boodskap aan vrou wat mishandel word oordra dat hulle nie vir hul mans moet bang wees nie en ons het hulle aangemoedig om 'n klag te gaan lê indien hulle mishandel word.
"Genl.maj. Oswald Reddy, Eden klusterbevelvoerder, het die bejaardes bemoedig en gesê dat hulle die voorbeeld vir die jonger generasie moet wees. Die dag was 'n reusesukses," het Cederas gesê.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'