Die staptoer vind op Donderdag 5 Maart om 18:00 plaas. Stappers kom agter die Queen's Hotel bymekaar waar daar eers na 'n skyfievertoning van Queenstraat sowel as ou geboue wat nie meer bestaan nie gekyk sal word.
Die eerste huis wat op die toer is die Montagu-huis in Baron van Reedestraat wat al 107 jaar oud is. Die staptog sluit nog vele historiese huise wat in die Karoo-maanlig besigtig kan word in sowel as 'n draai by die C.P Nel Museum.